# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê die beskerming van die oorsprong van Rooibos word toenemend belangrik namate die wêreldwye vraag na die produk groei. Volgens die raad is dit as gevolg van die uitbreiding van uitvoergeleenthede, insluitend verbeterde toegang tot die Chinese mark, noodsaaklik om die Rooibos-naam te beskerm en te verseker dat verbruikers ‘n oorspronklike Suid-Afrikaanse produk ontvang. Dawie de Villiers van die raad sê die beskerming van die Rooibos-oorsprong sal help om gehalte te bewaar, plaaslike werkgeleenthede te ondersteun en te verseker dat die ekonomiese voordele steeds na Suid-Afrikaanse produsente vloei.
Rooibos-bedryf beskerm Suid-Afrika se ikoniese tee te midde van wêreldwye aanvraag