Skip to content

SAMWU skryf krisis in plaaslike regering toe aan onderbefondsing en korrupsie

# Die munisipale vakbond SAMWU sê onderbefondsing, korrupsie en gebrekkige infrastruktuur het plaaslike regering en die watersektor in ‘n krisis gedompel. Die vakbond gaan môre betoog by die Nasionale Tesourie en ander staatsdepartemente in Tshwane. SAMWU verwag binne 14 werksdae ‘n skriftelike reaksie op sy versoekskrif. Hoofsekretaris Dumisane Magagula sê hulle eis verhoogde befondsing vir munisipaliteite, ‘n einde aan uitkontraktering, sterker beskerming vir werkers, kollektiewe bedinging en verbeterde openbare dienste.