Skip to content

Suid-Afrika betuig meegevoel ná dood van Malawiese burger tydens repatriasie [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse regering sê hulle sal deur diplomatieke kanale met die Malawiese owerhede skakel na die dood van ‘n Malawiese burger tydens ‘n repatriasie-operasie. Die passasier is Sondag oorlede op ‘n bus wat na Malawi onderweg was, kort nadat hy die repatriasie-verwerkingsentrum in Musina, Limpopo, verlaat het. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, sê die bus het na die sentrum teruggekeer, waar die polisie die vereiste forensiese prosedures voltooi het voordat die oorblywende passasiers hul reis na Malawi voortgesit het:

ENG BaloyiOnMalawianDeath