# Die DA verwelkom die bekendstelling van LATAM Airlines se regstreekse diens tussen Kaapstad en São Paulo. Die party sê dit is nie net vir die Wes-Kaap ‘n groot oorwinning nie, maar ook vir Suid-Afrika se toerisme-ekonomie, internasionale mededingendheid en werkskepping. Die DA sê Brasilië is een van Suid-Afrika se grootste toerismemarkte in Suid-Amerika, en São Paulo dien as een van Latyns-Amerika se belangrikste lugvaartsentrums, wat naatlose verbindings na talle bestemmings op die vasteland bied.
DA sê uitbreiding van lugtoegang is ‘n vinnige manier om SA se toerisme-ekonomie te laat groei