# Die vakverbond Cosatu sê die regering moet ‘n dringende oplossing vind om die sluiting van Transalloys, Suid-Afrika se laaste oorblywende mangaansmeltery te keer. Die maatskappy het in Desember verlede jaar gewaarsku dat 600 direkte werkgeleenthede en een-duisend-700 indirekte poste in gevaar is as gevolg van stygende elektrisiteitspryse wat tot finansiële verliese lei. Alle smeltoonde by die fasiliteit in Mpumalanga staan stil terwyl finale sluiting hierdie maand in die gesig gestaar word. Matthew Parks van Cosatu sê die land kan nie bekostig om so baie werkgeleenthede te verloor nie:
Cosatu eis vinnige oplossings om sluiting van Transalloys te keer [KLANK]
ENG ParksONTransalloys