Skip to content

Motorsport: Formule Een-bestuurders gaan voor Sondag se Grand Prix op Silverstone met Lego-motors jaag

# Motorsport: Formule Een-renjaers sal ‘n paraderonde in Lego-motors ry voor Sondag se Britse Grand Prix op Silverstone. Dis deel van die Deense speelgoedvervaardiger se reeks geleenthede wat verlede jaar begin het, insluitend in Miami in Amerika waar die renjaers gejaag het in lewensgrootte tweesitplek-elektriese motors wat van Lego-blokkies gebou is. Die drie podiumwenners op verlede jaar se wedren op Silverstone het trofees ontvang wat van Lego gemaak is. Vanjaar se motors is elk van 28-duisend blokkies gebou en kan snelhede van tot 25-kilometer per uur bereik.