Skip to content

Toename van 12,8% in internasionale aankomste in Suid-Afrika

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die toename in internasionale besoekersgetalle verwelkom, met meer as 4,2-miljoen toeriste wat tussen Januarie en Mei vanjaar in Suid-Afrika aangekom het. Dit is ‘n toename van 12,8-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste groei het van Afrika- en Europese markte gekom, terwyl toeriste-aankomste uit Brasilië ook skerp toegeneem het. De Lille sê belegging in toerisme en verbeterde lugroetes help om meer besoekers te lok.