# Die Beitbrug-grenspos in Limpopo is vanoggend rustig ondanks ‘n verwagte toename in reisigers na Zimbabwe. ‘n Toestroming van mense word verwag namate busse met Zimbabwiërs en Malawiërs deur die loop van die dag by die grens aankom. Wetstoepassers en grensbeamptes is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om die verhoogde verkeersvloei te bestuur en veilige, ordelike beweging van mense oor die grens te verseker. Owerhede sê grensbedrywighede verloop tans glad, sonder enige noemenswaardige ontwrigtings.
Beitbrug tans kalm ondanks verwagte toename in grensverkeer