Skip to content

Amnestie Internasionaal beskuldig regering dat hy spanning tussen Suid-Afrikaners en ander Afrikane aanwakker

# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika beskuldig die regering dat hy verdeeldheid saai en spanning aanwakker tussen Suid-Afrikaners en ander Afrika-burgers. Die organisasie sê die regering volhard met ‘n gebrekkige immigrasiestelsel wat beteken asielsoekers is dikwels sonder geldige dokumentasie en in onsekerheid gedompel. Woordvoerder Shenilla Mohamed sê dis verkeerd en gevaarlik om asielsoekers, vlugtelinge en migrante as sondebokke voor te hou vir werkloosheid, ongelykheid en druk op openbare dienste. Sy sê geweld en eiereg sal nooit hierdie probleme oplos nie, maar lewens verwoes en verdeeldheid verdiep.