# Venezuela se waarnemende president, Delcy Rodríguez het ‘n presidensiële kommissie gestig om te bepaal wat die skade aan behuising en infrastruktuur is ná Woensdag se twee kragtige aardbewings met sterktes van 7,2 en 7,5. Die dodetal staan tans op een-duisend-450 en meer as 12-duisend mense is ontwortel. Die kommissie word gelei deur die ingenieur Francisco Garcés. Rodríguez sê ‘n taakspan is ook gestig om tydelike huisvesting te voorsien vir mense wat hul huise verloor het, en om die herbou van behuising binne ‘n kort tydperk te beplan.
Venezuela se waarnemende president stel kommissie aan om aardbewings se skade te bepaal