Skip to content

De Lille bevestig passasiers van Air Europa kon slim-toerismesentrum op OR Tambo ervaar

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê passasiers op Air Europa se eerste regstreekse vlug van Madrid na Gauteng kon die eerste keer die slim-besoekersinligtingsentrum op die OR Tambo-internasionale lughawe ervaar. Sy het voor die Nasionale Raad van Provinsies beklemtoon dat die papierlose platform besienswaardighede in al nege provinsies bekendstel. De Lille sê dit steun toerismegroei in ooreenstemming met die regering se strategie om regstreekse internasionale verbindings uit te brei. Sy het die bekendstelling ook beskryf as ‘n mosie van vertroue in Suid-Afrika se groeiende toerismesektor.