Skip to content

Air Europa stuur regstreekse roete tussen Madrid en Johannesburg van stapel

# Die Spaanse lugredery Air Europa het sy eerste gereelde diens na Afrika suid van die Sahara bekendgestel, met ‘n regstreekse roete tussen Madrid en Gauteng wat vanoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. Die diens, wat gisteraand begin het, sal drie keer per week op ‘n Boeing 787 Dreamliner aangebied word. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die nuwe roete sal na verwagting toerisme, handel en sakereise tussen Suid-Afrika, Spanje en Latyns-Amerika ‘n hupstoot gee.