# Temperature in Europa het vandag weer gestyg nadat ‘n rekord-hittegolf duisende mense sonder krag gelaat en lugversorger-verkope ‘n hupstoot gegee het op ‘n vasteland wat swak toegerus is om verswelgende hitte te hanteer. ‘n Hittegolf in Frankryk het die eerste grootskaalse kragonderbreking van die jongste uiterste weer veroorsaak toe ‘n hitteverwante voorval met ‘n transformator sowat 68-duisend huishoudings in die noordwestelike Finistère‑streek sonder krag gelaat het. Meer as 90-persent van die Franse bevolking word blootgestel aan uiterste hitte, met temperature van 39- tot 41-grade Celsius wat verwag word.
Frankryk getref deur groot kragonderbreking te midde van rekordhitte in Europa