# Die vakbond Solidariteit vra die regering om dringend te reageer op Amerika se eise ná berigte oor die staking van die befondsing vir die President se Noodplan vir Vigsverligting. Die vakbond voer aan voortgesette vertragings om Amerika se bekommernisse op te los, insluitend oor landelike veiligheid, eiendomsregte, rasgegronde wetgewing en buitelandse beleid, kan tot verdere gevolge lei, insluitend hoër handelstariewe of sanksies. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê sterker handelsbetrekkinge en voortgesette beleggingsbande bly uiters belangrik.
Solidariteit sê verhouding tussen Amerika en SA is onder druk te midde van kommer oor befondsing