# Die Grensbestuursowerheid sê die voortgesette deportasie-prosesse wat onwettige buitelanders betref wys die staat se vermoë om immigrasiewette streng, regverdig en menslik toe te pas. Een-duisend-596 Malawiese en Zimbabwiese burgers se inligting is gister verwerk tydens ʼn intensiewe operasie van 13-uur op die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle balanseer grensveiligheid met die waardige behandeling van diegene wat gedeporteer word:
Grensbestuursowerheid sê sy deportasieprosesse van onwettige buitelanders is regverdig en menslik [KLANK]
ENG MogotsiONImmigrationLaws