# Duisende suidelike olifantrobwelpies op afgeleë Antarktiese eilande wat aan Australië behoort, is as gevolg van voëlgriep dood. Die Heard- en McDonald-eilande, ongeveer vier-duisend-kilometer suidwes van Australië, is die tuiste van meer as een-miljoen seevoëls en robbe wat daar aanteel. Wetenskaplikes skat ongeveer 13-duisend babarobbe uit ‘n groep van 17-duisend op Heard-eiland is sedert verlede Augustus as gevolg van die H5N1-stam van voëlgriep dood. Wetenskaplikes glo die voëlgriep is waarskynlik deur migrerende voëls van die Franse Crozet-eilande, ongeveer een-duisend-800-kilometer verder, na die eilande gebring.
Meer as 75% van robwelpies op ‘n afgeleë Australiese eiland vrek aan voëlgriep