# Sokker: Die 40-jarige doelwagter van Kaap Verde, Josimar Dias, algemeen bekend as Vozinha, het tydens die 2026 FIFA Wêreldbeker, ‘n reuse sensasie geword, met sy Instagram-profiel wat tot ‘n reuse- agt-miljoen volgelinge gegroei het. Dit het gebeur na hul geskiedkundige ontmoeting teen Spanje wat gelykop geëindig het. Spanje het 27 keer die doelhok aangeval en met 74-persent balbesit oorheers, maar Vozinha het sewe kritieke skoppe afgekeer. Hy is daarvoor as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Sokker: Doelwagter van Kaap Verdiese Eilande se Wêreldbekerspan oornag ‘n Instagram-sensasie