# Die GOOD-party sê die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap se Departemente van Openbare Veiligheid- en Ingenieursdienste ondersoek tans die beskikbaarheid van fondse vir die volgende boekjaar om self verantwoordelikheid te neem vir die skoonmaak van die Bergrivier. Woordvoerder Keagen Gertse sê waterweë benodig deulopende plantegroei-herstel en die verwydering van slik om die rivier se gesondheid te herstel en te keer dat oewers nie oorstroom en omliggende gebiede raak nie:
GOOD verwelkom Drakenstein-munisipaliteit se verbintenis om Bergrivier skoon te maak [KLANK]
AFR GertseONBergRiver