# Die Stad Kaapstad het Transnet weer gevra om sy strategieë vinniger uit te voer om doeltreffendheid op die Kaapstadse hawe te verbeter. Dit is tans laaste op die Wêreldbank se aanwyser vir vraghantering. Navorsing deur die Wes-Kaapse regering het bevind ʼn doeltreffender hawe kan sowat ses-miljard-rand se bykomende uitvoere ontsluit en byna 20-duisend werksgeleenthede ondersteun. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Suid-Afrika kan nie ʼn onderpresterende hawe bekostig nie:
Kaapstad vra Transnet om hawe vinniger te verbeter [KLANK]
ENG VosONTransnet