Skip to content

Minister Lamola ontvang sy Rwandese eweknie om bilaterale betrekkinge te herbou en te versterk

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sal vandag sy eweknie van Rwanda, Olivier JP Nduhungirehe, in Pretoria ontvang. Dit vorm deel van pogings om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te versterk. Volgens die Verenigde Nasies se COMTRADE-databasis oor internasionale handel handhaaf Suid-Afrika ‘n beduidende handelsoorskot met Rwanda, wat jaarliks ​​sowat 648-miljoen-rand uitvoer. Die departement sê besprekings sal fokus op die verbetering van diplomatieke betrokkenheid en die bevordering van samewerking in prioriteitsgebiede, insluitend handel, toerisme, gesondheid, onderwys en sekuriteit.