Skip to content

EFF sê Suid-Afrika het een van sy grootste musikale seuns in Abdullah Ibrahim verloor

# Die EFF sê Suid-Afrika het een van sy grootste musikale seuns in die legendariese pianis, komponis en kulturele ambassadeur, Abdullah Ibrahim, verloor. Die 91-jarige is in Duitsland oorlede na ‘n kort siekbed. Die EFF sê hy is dankbaar dat mense vroeër vanjaar ‘n laaste geskiedkunige optrede deur hierdie musiekreus by die Kaapstad Internasionale Jazzfees kon aanskou. Hy sê Ibrahim het deur sy musiek ‘n stem gegee aan die stryd, veerkragtigheid en aspirasies van Suid-Afrikaners, en bewys dat kuns ‘n kragtige instrument van weerstand kan wees.