Skip to content

Veebedryf bepleit vinniger beskikbaarstelling van bek-en-klouseer-entstof

# Die onafhanklike veebedryfsgroep, FMD Response SA, het die regering versoek om dringend miljoene bek-en-klouseer-entstofdosisse beskikbaar te stel aan privaat veeartse. Die groep sê uitbrekings versprei steeds en bedreig veeproduksie en landelike voortbestaan. Woordvoerder Andrew Morphew sê Suid-Afrika verwag 14-miljoen entstofdosisse, maar slegs sowat 4,4-miljoen beeste is tot dusver ingeënt. Hy voer aan breër deelname vanaf die privaat sektor sal inentings versnel, toegang vir boere verbeter en pogings versterk om die siekte te beperk en uiteindelik uit te roei.