# Die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie, NASA, het Artemis Drie se bemanning van vier aangekondig. Hulle sal landingstuie toets vir toekomstige sendings wat op die maan land. Die ruimtevaarders wat volgende jaar ʼn ruimtesending sal onderneem, is bevelvoerder Randy Bresnik, vlieënier Luca Parmitano, en die sending-spesialiste Andre Douglas en Frank Rubio. Dit volg twee maande na Artemis Twee se reis om die maan wat Apollo 13 se afstandsrekord verbeter het. NASA-administrateur Jared Isaacman sê die bemanning sal ook bymekaarkom- en koppel-vermoëns toets:
NASA wys vier ruimtevaarders aan wat in 2027 deel van die Artemis III-ruimtesending sal wees [KLANK]
ENG IsaacmanOnArtemis