Skip to content

13de Koop Plaaslik-beraad en -ekspo begin vandag in Sandton

# Die Trots Suid-Afrikaans-geleentheid, die jaarlikse Koop Plaaslik-beraad en -ekspo, vier sy13de bestaansjaar vandag met die opening in die Sandtonse Konvensiesentrum. Dit vind plaas onder die tema Bou ‘n Veerkragtige Ekonomie deur Lokalisering. Die doel daarvan is om mense wat werk wil skep en die ekonomie wil help herbou, te help om plaaslike verkryging in te span as hefboom vir die uitbreiding van hul ondernemings. Sowat 200 plaaslike uitstallers, duisend-500 afgevaardigdes en 450 aankopers sal daaraan deelneem.