# Die regerende ZANU-PF-party en die parlement in Zimbabwe het grondwetlike veranderings voorgestel om president Emmerson Mnangagwa se bewind tot 2030 te verleng. Die voorgestelde wysigings sal die president se ampstermyn van vyf tot sewe jaar verleng en voorsiening maak dat die president verkies word deur wetgewers, nie regstreeks deur kiesers nie. Ondersteuners sê die veranderings sal bydra tot groter bestendigheid en ‘n vaste beleidsrigting verseker. Opposisiepartye en regskenners meen egter die voorstelle ondermyn demokratiese beginsels en die beperking op presidensiële ampstermyne. Hulle waarsku ook regstappe kan waarskynlik volg.
Zimbabwe wil Mnangagwa se bewind tot 2030 verleng