# Zambië se Ministerie van Toerisme het sy verbintenis tot die bekamping van stropery herbevestig deur die voortdurende Worth More Alive-veldtog. Dit is geskep na aanleiding van die bedreiging van wildsmokkelary, veral deur die land se internasionale lughawens. Dit sluit in die vestiging van ‘n wildstropery-hulplyn en die aanbring van lewensgrootte beeldhouwerke van bedreigde spesies op die Kenneth Kaunda-internasionale lughawe in Lusaka. Zambië se ikoniese en bedreigde natuurlewe, insluitend olifante, ietermagogge, renosters en groot katte, is ‘n integrale deel van die land se ekologiese balans.
Zambië verbind tot bestryding van wildstropery