Skip to content

Women and Men Against Child Abuse sê geregtigheid in Joslin Smith-saak is bitter

# Women and Men Against Child Abuse sê die uitspraak teen Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes oor die verdwyning van Joslin Smith is nie ‘n oorwinning nie. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap, wat in Saldanhabaai gesit het, het Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn skuldig bevind aan die ontvoering en mensehandel van die kind. Die organisasie sê dit is ‘n bitter oomblik aangesien Joslin steeds vermis word. Die organisasie belowe dat Joslin se naam nie in stilte sal verdwyn nie.