Skip to content

Witvlerkvleikuiken nie meer ernstig bedreigde spesie in Suid-Afrika nie

# Die witvlerkvleikuiken, een van Afrika se ontwykendste en mees bedreigde voëlsoorte, is van die lys mees bedreigte spesies in Suid-Afrika gehaal. Dit volg na aansienlike vordering om die biologie, broeigewoontes en habitatvoorkeure van hierdie geheimsinnige voël te verstaan. BirdLife South Africa se uitvoerende hoof, Mark Anderson, sê Ethiopië het net genoeg habitat om 55 broeipare te huisves, daarom speel Suid-Afrika ʼn belangrike rol om die witvlerkvleikuiken se uitsterwing te keer.