Skip to content

WGO sê miljoene kinders is verslaaf aan damprook

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê e-sigarette dryf ‘n ontstellende nuwe golf van nikotienverslawing aan, met miljoene kinders wat tans verslaaf is aan damprook. Lande wat die data kan verskaf, toon kinders is gemiddeld nege keer meer geneig as volwassenes om e-sigarette te rook. Die VN se gesondheidsagentskap sê die bedryf bevorder damprook as minder skadelik as sigarette, maar in werklikheid teiken hulle jongmense met kinders wat verslaaf raak. Meer as 100-miljoen mense rook tans e-sigarette volgens die WGO se eerste wêreldwye skatting.