# Die Wes-Kaapse Regering verskerp pogings om kunsmatige intelligensie by provinsiale bestuur te integreer. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het ‘n strategiese memorandum van verstandhouding met die Forum vir Kunsmatige Intelligensie vir Ontwikkelende Lande aangekondig. Tydens die ministeriële forum oor KI-infrastruktuur by Century City in Kaapstad, het Simmers gesê die vennootskap sal aanvanklik fokus op die verbetering van regeringstelsels, werkvloei van personeel en administratiewe doeltreffendheid. Hy het beklemtoon kunsmatige intelligensie behoort dienslewering te verbeter en burgers bevoordeel:
Wes-Kaapse regering werk saam met forum vir ontwikkelende lande om kunsmatige intelligensie te bevorder [KLANK]
ENG-SimmersOnAI