Skip to content

Wes-Kaapse regering vier globale verbintenis tot voedselsekerheid [KLANK]

# Die Wes-Kaapse regering het die minister van Landbou, John Steenhuisen, gelukgewens met die suksesvolle afsluiting en goedkeuring van die G20-voedselsekerheidtaakmag se verklaring onder Suid-Afrika se G20-presidentskap. Belangrike kwessies wat in die verklaring uitgelig word, is onder meer die stryd teen voedselpryse se wisselvalligheid, belegging in klimaatslim- en veerkragtige landbou, en die bevordering van inklusiewe, regverdige en deursigtige voedselstelsels. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die G20 het ʼn nuwe standaard gestel vir wêreldwye samewerking wat voedselsekerheid betref.

AFR MeyerOnFoodSecurity