# Die Wes-Kaapse regering het ‘n Toerismegroeifonds bekendgestel wat daarop gemik is om werksgeleenthede te bevorder en beleggings na die provinsie se toerismesektor te lok. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, sê die mede-befondsde toekenningsprogram, wat deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme bestuur word, sal infrastruktuuropgraderings, nuwe toerismeprodukte en KMMO-ontwikkeling ondersteun. Hy sê die doelwit is om besoekerservarings en die breër geografiese deelname aan toerisme te verbeter:
Wes-Kaapse regering stel Toerismegroeifonds bekend om werksgeleenthede en belegging aan te moedig [KLANK]
ENG MeyerOnProgramme