# Die Wes-Kaapse regering gebruik alle beskikbare bronne en werk nóú saam met nasionale owerhede om die provinsie se landbousektor teen dieresiektes te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, waarsku uitbrekings van siektes soos Afrika-varkgriep, hondsdolheid en voëlgriep kan plase, werksgeleenthede en voedselsekerheid bedreig. Meyer doen ʼn beroep op boere, nywerheidsvennote en landsburgers om biosekerheids-maatreëls na te kom en verdagte gevalle aan te meld om uitvoere en mense se lewensbestaan te beskerm.
Wes-Kaapse regering mobiliseer magte om landbousektor te verdedig