# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê 19 mense word ondervra oor die bendeverwante skietery in Mitchells Plain, waarin vyf mense dood en verskeie ander beseer is. Drie van die arrestasies was vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy bevestig meer as 100 beamptes is intussen na die betrokke gebiede ontplooi. Hy versoek enigiemand met inligting om na vore te kom: