# Wes-Kaapse ondernemings word aangemoedig om by die groen ekonomie-hulpkantore te registreer. Dit word aangebied deur die die Departement van Omgewingsake en Ontwikkeling in samewerking met GreenCape, en bied gratis individuele raad oor hoe om energie en water ten beste aan te wend. Enige onderneming kan kennershulp bekom tydens besoeke aan hulle streke. Die veldtog duur van volgende maand tot Oktober. Vroegtydige registrasie word aangemoedig.
Wes-Kaapse ondernemings aangemoedig om te registreer by groen ekonomie-hulpkantore