# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die Welmoed-behuisingsontwikkelingsprojek is daarop gemik om inwoners se waardigheid te herstel. Fase een sal drie-duisend-296 huise lewer en tot ses-duisend plaaslike werksgeleenthede skep, met kontrakteurs wat plaaslike arbeid moet aanstel. ‘n Verifikasieveldtog vir begunstigdes vind op 13 en 14 September plaas. Simmers sê grootmaat-infrastruktuur-opknappings, ter waarde van 680-miljoen-rand, is voltooi en beplanning vir strate, skole, gesondheidsgeriewe en ‘n polisiestasie duur voort:
Wes-Kaapse LUR sê Welmoed-projek sal inwoners se waardigheid herstel ten spyte van uitdagings [KLANK]
AFR SimmersOnWelmoed