# Die Wes-Kaapse regering het planne bekendgemaak om elektriese vervoer vir openbare en privaat voertuie te integreer. Dis deel van die provinsiale regering se 2030 Klimaatsverandering-reaksiestrategie om die provinsie voor te berei op ʼn vinnige oorgang na elektriese vervoer. Die Wes-Kaapse vervoersektor dra 28-persent by tot koolstofvrystelling. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê dis noodsaaklik om binnebrand-enjins met elektriese alternatiewe te vervang om openbare vervoervlote te moderniseer, dienslewering te verbeter, bedryfskoste te sny en afhanklikheid van fossielbrandstof te verminder.
Wes-Kaapse klimaatsverandering-strategie sluit elektriese vervoer teen 2030 in