Skip to content

Wes-Kaapse Hooggeregshof gaan die EFF se uitdaging van die verhoogde brandstofheffing aanhoor

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof gaan vandag die EFF se dringende aansoek aanhoor om die minister van Finansies, Enoch Godongwana te keer om die brandstofheffing in te stel. Die minister het verlede maand in sy begrotingstoespraak ‘n 15-sent per liter verhoging vir diesel en 16-sent-per liter vir petrol aangekondig. Die EFF voer aan die verhogingsproses was foutief en ook irrasioneel. Godongwana waarsku daar sal ‘n begrotingstekort van 3,5-miljard-rand wees as die heffings nie verhoog word nie.