Skip to content

Wes-Kaapse Hooggeregshof beslis Hlophe nie geskik vir Regterlike Dienskommissie

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het beslis die Parlement het onregmatig opgetree deur die afgedankte regter en adjunkleier van die MK-party, John Hlophe, in die Regterlike Dienskommissie aan te stel. Die hof het beslis ‘n regter wat weens wangedrag verwyder is, kan nie vertrou word met die beskerming van regterlike integriteit nie. Hlophe is afgedank as regter omdat hy probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in ‘n saak wat verband hou met die vervolging van die voormalige president, Jacob Zuma. Hlophe en sy party is ook gelas om die regskoste te betaal weens hulle beledigende opmerkings tydens die verrigtinge.