Skip to content

Wes-Kaapse direkteur van Openbare Vervolging loof aanklaer oor hantering van Joslin Smith-saak

# Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap, Nicolette Bell, het die aanklaer en haar span geloof vir die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes in die Joslin Smith-saak. Bell sê dit is ’n mylpaal-saak in mensehandelwetgewing. Smith, Jacquen Appollis en Steveno Van Rhyn is skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel ná die verdwyning van die ses-jarige Joslin Smith in 2024 in Saldanhabaai. Voor-vonnisverrigtinge begin volgende Vrydag. Bell sê, die soektog na Joslin moet voortgaan ten spyte van die belangrike regsoorwinning.