Skip to content

Wes-Kaap bied vergadering aan vir Vennootskap vir Klimaat-optrede in Middelandse See-gebiede

# Die regering van die Wes-Kaap tree op as gasheer vir die tweede jaarlikse vergadering van die Vennootskap vir Klimaat-optrede in Middelandse See-gebiede – ‘n internasionale alliansie van sub-nasionale regerings oor vyf vastelande met ‘n Mediterreense klimaat. Vyf van die wêreld se 36 bioverskeidenheids-brandpunte kom in gebiede met ‘n Mediterreense klimaat voor. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê klimaatsverandering is nie net ‘n omgewingskwessie nie, maar ‘n fundamentele uitdaging wat elke lewensaspek raak, van gesondheid- en voedselstelsels tot ekonomiese bestendigheid en sekerheid wêreldwyd.