# Wandile Sihlobo van die Landboubesigheidskamer sê indiensneming in die landbousektor het tussen die tweede en derde kwartaal van 2026 met ongeveer vier-persent gedaal, maar die sektor bly steeds veerkragtig. Volgens Statistiek Suid-Afrika het Suid-Afrika se werkloosheidskoers in die derde kwartaal effens tot 33,7-persent gestyg, vergeleke met 33,6 persent in die vorige kwartaal. Sihlobo sê indiensneming staan op 911-duisend, wat heelwat hoër is as die langtermyn-gemiddelde van 800-duisend. Hy sê boere het te kampe met stygende insetkoste soos brandstof en kunsmis, wat druk op die sektor plaas.
Werksgeleenthede in die landbousektor daal met vier-persent, maar sektor bly veerkragtig