Skip to content

Werknemers by Lotery betoog oor beter salarisse en werksomstandighede

# Werknemers by die Nasionale Loterykommissie het na die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging in Pretoria opgeruk, vir beter salarisse en werksomstandighede. Die werknemers eis ‘n verhoging van 8.5-persent nadat die kommissie 6.5-persent aangebied het. Die Nasionale Lotery Kommissaris, Jodi Scholtz, sê ‘n verhoging van 7-persent is vir 2024/25 ingestel, wat ‘n pensioengewende verhoging van 4.4-persent insluit asook ‘n 2.6-persent nie-pensioengewende toelaag.