# Werk aan die volgende James Bond-rolprent vorder, maar die identiteit van die akteur wat Daniel Craig as 007 sal opvolg, is nog nie bekend gemaak nie. Verskeie Britse akteurs word skynbaar oorweeg, onder andere Callum Turner, Josh O’Connor en Jack Lowden. Robert Pattinson en Nicholas Hoult het glo ook onlangs oudisies gedoen. Denis Villeneuve, bekend vir die Dune-rolprente, is die regisseur vir die 26ste amptelike Bond-fliek, terwyl Steven Knight, die skepper van Peaky Blinders, die draaiboek skryf. Produksie sal na verwagting volgende jaar begin, met ‘n moontlike vrystelling in 2028.
Werk aan nuwe 007-rolprent vorder, maar nog geen opvolger vir Daniel Craig