Skip to content

Wêreldomgewinggesondheidsdag beklemtoon bewustheid van menslike welstand

# Die tema vir vandag se Wêreldomgewinggesondheidsdag is Skoon Lug, Gesonde Mense. Vandag word samewerking tussen publiek en privaat ondernemings aangemoedig om onderhoubare gebruike in te stel, besoedeling te bekamp en by klimaatverandering aan te pas om openbare gesondheid te bevorder. Sowat 99-persent van mense wêreldwyd asem lug in wat die WGO se veiligheidsreëls oorskry en hulle aan gevaarlike vlakke van besoedeling blootstel. Die Internasionale Federasie van Omgewingsgesondheid sê onderhoubare praktyke en beleidsrigtings kan die uitwerking van lugbesoedeling versag en mense se gesondheid en welstand verbeter.