# Die Wêreldhandelsorganisasie waarsku president Donald Trump se omvattende globale tariewe gaan internasionale handel vanjaar kniehalter. Sedert 5 April geld ʼn basiese tarief van tien-persent op byna alle invoere na Amerika, alhoewel sommige lande en goedere hiervan uitgesluit is. Die organisasie het voorheen verwag wêreldwye handel gaan vanjaar met 2,7-persent groei, maar voorspel nou dit gaan met 0,2-persent daal. Hy sê onsekerheid oor handelsbeleid kan sakevertroue laat afneem, beleggings verminder en daardeur ekonomiese groei belemmer.
Wêreldhandelsorganisasie waarsku wêreldhandel sal vanjaar afneem weens Trump se tariewe