# Die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika vra die publiek op die vooraand Wêreldbreindag Woensdag om die waarskuwingstekens van ‘n beroerte te herken en onmiddellik mediese hulp te soek. Die vereniging waarsku dat byna twee-miljoen breinselle elke minuut tydens ‘n beroerte verlore kan raak. Patty Francis van die organisasie sê Suid-Afrika het te kampe met ‘n tekort aan neuroloë en ongelyke toegang tot spesialissorg, terwyl tot 90-persent van beroertes met voorkombare risikofaktore soos hoë bloeddruk, diabetes en hoë cholesterol verband hou.
Wêreldbreindag beklemtoon behoefte vir beter toegang tot neurologiese gesondheidsorg