# Die wêreldbekende bergklimmer Nirmal Purja is een van tien klimmers wat vermis word na ‘n sneeustorting op een van die wêreld se hoogste bergspitse, Broad Peak in Pakistan. Die Nepalees het in 2019 bekendheid verwerf toe hy in net meer as ses maande die wêreld se 14 spitse van hoër as agt-duisend meter geklim het. Die vermistes is vyf Nepalese en ‘n Amerikaner, Pakistani, Omani en Chinees. Die president van die Alpynse Klub van Pakistan, Irfan Arshad Khan, sê vier liggame is gevind, maar nog nie identifiseer nie.
Wêreldbekende klimmer Nirmal Purja een van tien vermis op Broad Peak in Pakistan na sneeustorting