Skip to content

Wêreld-sonkragraad vra regerings vir groter beleggings in sonkrag

# Die Wêreld-sonkragraad vra die dringende bespoediging van die toestaan van permitte, groter beleggings in slim netwerke en berging en die verlaging in die koste van finansiering. Sonkrag het sedert 2015 nie net gehelp om meer as 2,4-miljard ton koolstofvrystellings te vermy nie, maar ook meer as 200-miljard liter water bespaar vergeleke met fossielbrandstof-opwekking. Die raad sê sonkrag sal die grootste enkele bron van kragopwekking wêreldwyd word, maar slegs as lande nou optree om ingewortelde hindernisse te oorkom.