# Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram verwelkom die goedkeuring van die derde fase van die Wêreldondersteuningsprogram vir Klimaatsdeursigtigheid. Die program wil ontwikkelende lande se vermoë verbeter sodat hulle die vereistes van die Deursigtigheidsraamwerk ingevolge die Paryse Verdrag kan nakom. Dit sal lande ook ondersteun om vordering teen hulle nasionale klimaatplanne te meet. Die program beskou hierdie wêreldwye veldtog as ʼn belangrike stap om pogings te verskerp om deursigtigheid in klimaatsoptrede te bevorder en rolspelers se betrokkenheid uit te brei.
Wêreld-ondersteuningsprogram gaan klimaatsdeursigtigheid en nasionale verslagstelsels opskerp